Connecting Kidz
Connecting Kidz Parenting Directory
 
Education and CareActivitiesHealth and WellnessParentingParty and PlayServicesSuppliersGetaways
 

2 Morgensterstraat,
Durbanville Heuwels
Cell. 072 4822 593


Ons leuse, ons leer terwyl ons speel.

Storieland Speelskool spesialiseer in 'n klein groepie kleuters, nooit meer
as 16 op 'n dag, so maak ons seker elke kleuter kry individuele aandag.

Storieland se hoofdoel is om te leer terwyl ons speel. Strorietyd is die hoogtepunt van elke dag, want dis hier waar kleuters se verbeelding vrye teels kry en kreatiewe spel aangewakker word.

Storieland is oop op Maandae tot Vrydae
vanaf 9H00 tot 12H00
2 tot 4 jariges

Op Maandae bied Bellville Playball, Playball aan.

Ons werk volgens 'n tema elke week.
Die kleuters word van 'n boodskapboekie voorsien, sodat ouers kan sien wat die tema is waarmee ons besig is.

Ons begin die oggend met vryspel, daarna eet ons terwyl ek Bybel lees en gebed.

Gaan speel dan buite vir +/- 45 min as die weer dit toelaat (op swart fietse, klimraam, swaaie, sandput ens).

Terug in die skool begin ons met die tema aktiwiteit.

Daarna bietjie vryspel, opruim, storietyd en huistoe gaan.

Ons doen so een tot twee uitstappies 'n jaar met ouer toesig, plus 'n lekker Kersfees afsluiting en sertifikaat toekenning waar Kersvader geskenkies uitdeel.

Storieland Storieland
Storieland Storieland
Storieland Storieland