11 Vygiestraat, Blomtuin , Bellville Cape Town, Western Cape , South Africa
Phone No: 079 887 9758
nursery schools in bellville,
kleuterskole in bellville,
creches in bellville,
kleuterskole,
http://connectingkidz.co.za/search?q=&l=Cape+Town&tl=1&t=cr,
ches in bellville,
bellville,
playgroups in bellville,
http://connectingkidz.co.za/search?q=&l=Cape+Town&tl=1&t=cr,
ches,
babbels en krabbels speelskool,
dagmoeders in bellville,
speelskool in bellville more...
+more
Welkom by Babbels en Krabbels Speelskool vir kleuters 3 maande tot 5 jaar Welcome to Babbels and Krabbels Playschool for toddlers 3 months to 5 years old |
Algemene inligting
Babbels en Krabbels is ‘n skooltjie wat graag vir die kind ‘n tweede tuiste wil wees waar hy/sy veilig sal voel en die nodige sekuriteit sal ervaar. U kind word nie net opgepas nie, maar ontvang ook die nodige stimulasie aangesien ‘n formele program op ‘n informele wyse gevolg word. Ons wil graag dat kinders sosiaal, fisies en verstandelik groei. Roetine is baie belangrik vir die kinders, maar moet ook buigsaam wees. Die Skooltjie is kleiner en ek kan dus baie individuele aandag gee. Ek glo daarin dat kinders die beste leer deur te speel. Ek weet hoe belangrik dit is in vandag se tyd omdat ons almal in so besige lewe leef.
Taalgebruik
Babbels en Krabbels is 'n skooltjie vir Afrikaans- en Engelssprekende kinders en almal is baie welkom.
Skool tye
Weeksdae van 07:00 tot 12:00 (halfdag) en 07:00 tot 17:00 (voldag) Ons is gedurende skoolvakansies oop, maar sal wel Desember vakansies gesluit wees.
Etes
Alle etes word voorsien – Spyskaart opgestel deur Dieëtkundige en is beskikbaar op aanvraag.
Eienaar
Ek is 'n gekwalifiseerde BEd(Grondslagfase) onderwyser wat gespesialiseer het in Spesiale Onderwys Behoeftes. My loopbaan het my blootstelling gegee aan peutersorg, kleutersorg, Graad R onderrig en autistiese onderrig. Na 10 jaar se ervaring in die onderwys het die geleentheid gekom vir my om my eie speelskooltjie oop te kan maak. Ek is ma van 'n seun (10jaar) en 2 dogters (7 en 2 jaar onderskeidelik) en weet presies wat die behoeftes vir ordentlike voorskoolse opvoeding is.
Babbels en Krabbels het die 7de Januarie 2013 oop gemaak. Kontak ons gerus of kom maak ‘n draai om te sien wat ons doen en hoe die skooltjie lyk. |