Connecting Kidz

Ladies en Laaities Kleuterskool
Contact us
Address 65 Avondale Street, Oakdale, Bellville
Telephone 073 082 9194 (Nadia)
082 838 1200 (Antoinette)
E-mail E-mail
website Visit us

Educare | Daycare | Babysitting | Holiday Program & Weekend Kiddies Parties

• Ouderdom: 6 maande – 5 jaar (Graad RR)

• Tye: 06h15 – 17h45

• Koste: Tussen 1 - 5 jaar R1500.00

• Dagprogram en gesonde ontbyt, middagetes en versnapperinge word voorsien

"My droom was om 'n moderne en liefdevolle geleendheid te skep vir kinders om tot hul volle potensiaal, in 'n liefdevolle omgewing te ontwikkel."

Meer as net 'n Kleuterskool

Ons Strewe:


Ladies en Laaities Kleuterskool en Dagsorgsentrum streef daarna om jou te help met die versorging en leiding van jou kleuters deur die vroeë stadium van hul lewens reis.

Met liefde, sorg en passie vir kinders, bied ons ‘n veilige omgewing, waar u kind met selfvertroue kan ontwikkel tot sy / haar volle potensiaal deur deelname aan opvoedkundige speletjies, sport aktiwiteite en spesiale stimulerende programme.

Ladies en Laaities Kleuterskool
Ons Belofte:

Die personeel en bestuur van Ladies en Laaities Kleuterskool en Dagsorg verbind hulle tot:

• ’n Omgewing waarin kleuters tot volle potentiaal kan ontwikkel;
• Gelukkige kleuters wat kan leer, speel en fantaseer, soos net kinders kan doen;
• Behoud en ontwikkeling van die individualiteit van die kind;
• ’n Skoon, veilige en praktiese omgewing;
• Tweetalige hoë standaard onderrig (Afrikaans & Engels);
• Handhawing van Christelike norme en waardes;
• Gebalanseerde etes (Ontbyt, middagete & versnapperinge);
• Goeie en openlike skool en ouer verhoudings.
Ladies en Laaities Kleuterskool

Leerplan:

Gebaseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring met die Christelike leer as basis. Die emosionele-, kognitiewe-, motoriese- en konatiewe aspekte van die kind word progressief ontwikkel. In Graad RR fokus Ladies en Laaities veral op Ontluikende Lees en Skryf, asook die aanleer van Basiese Wiskundige Vaardighede en die Ontwikkeling van Kreatiwiteit. Vir Graad R beveel ons aan dat ons kinders oorgeplaas moet word na Bellville Noord Laerskool waar hulle gereed gemaak word vir akademiese ontwikkeling in die daaropvolde jaar. Alle ander leerareas word geïntegreerd aangebied. Reeds vanaf hierdie ouderdom word leerders georiënteer om leiers te wees wat eerder sal beïnvloed as om beïnvloed te word.

By Ladies en Laaities glo ons onwrikbaar dat die akademiese ontwikkeling van leerders vanaf twee tot vyf jaar ons spesialiseringsgebied is. Die Vygotsky-beginsel waar leerders net bokant hulle vuurmaakplek gestimuleer word, word toegepas.

Die skool se opvoedingsfilosofie word weerspieël in die aanbieding van die dagprogram.

Emosionele stabiliteit is ʼn voorvereiste vir leer.