Connecting Kidz

Kleuterbos Speelskool
Address 26 Soshannastraat,
Kenridge, Durbanville
Telephone 076 374 3922 E-mail E-mail facebook Join us

Kleuterbos is 'n speelskooltjie wat ek van my huis af bestuur. Hier kan kinders veilig en tuis voel terwyl hulle in 'n huislike atmosfeer, speel-speel leer. Met slegs 12 kinders per dag, 'n gekwalifiseerde onderwyseres en 'n assistent, sal kwaliteit onderrig en liefdevolle aandag verseker word.

Ek bied 'n opwindende program aan met 'n Christelike aanslag. Die program is opgestel volgens temas en daar word gefokus om te leer deur speel.

Die dagprogram lyk as volg:

8:45 - 9:00 Aflaaityd
9:00 - 9:30 Vryspel
9:30 - 10:00 Sirkeltyd: tema bespreking en skeppende aktiwiteite wat insluit: verf, plak, knip, klei, bak en brou, show and tell en alles wat lekker is.
10:00 - 10:10 Badkamer roetine en handjies was
10:10 - 10:30 Teetyd (mamma pak 'n kosblikkie)
10:30 - 11:30 Vryspel buite
11:30 - 12:00 Oppak tyd, liedjies en rympies, storietyd
12:00 Huistoegaantyd!

Ouderdomme: 2 (in die jaar wat jou kleinding 3 word) tot 4
Tye: 8:45 - 12:00


Kleuterbos Speelskool Kleuterbos Speelskool
Kleuterbos Speelskool Kleuterbos Speelskool
Kleuterbos Speelskool Kleuterbos Speelskool
Kleuterbos Speelskool Kleuterbos Speelskool