Connecting Kidz

Babbels en Krabbels Speelskool
Kontak ons
Address 11 Vygiestraat,
Blomtuin,
Bellville
Telephone 079 887 9758
E-mail E-pos
Website Ons webtuiste

Welkom by Babbels en Krabbels Speelskool vir kinders 3 maande tot 5 jaar
Welcome to Babbels and Krabbels Playschool for children 3 months to 5 years old

Algemene inligting

Babbels en Krabbels is ‘n skooltjie wat graag vir die kind ‘n tweede tuiste wil wees waar hy/sy veilig sal voel en die nodige sekuriteit sal ervaar. U kind word nie net opgepas nie, maar ontvang ook die nodige stimulasie aangesien ‘n formele program op ‘n informele wyse gevolg word. Ons wil graag dat kinders sosiaal, fisies en verstandelik groei. Roetine is baie belangrik vir die kinders, maar moet ook buigsaam wees. Die Skooltjie is kleiner en ek kan dus baie individuele aandag gee. Ek glo daarin dat kinders die beste leer deur te speel. Ek weet hoe belangrik dit is in vandag se tyd omdat ons almal in so besige lewe leef.

Taalgebruik

Babbels en Krabbels is 'n skooltjie vir Afrikaans- en Engelssprekende kinders en almal is baie welkom.

Skool tye

Weeksdae van 07:00 tot 12:00 (halfdag) en 07:00 tot 17:00 (voldag)
Ons is gedurende skoolvakansies oop, maar sal wel Desember vakansies gesluit wees.

Etes

Alle etes word voorsien – Spyskaart opgestel deur Dieëtkundige en is beskikbaar op aanvraag.

Eienaar

Ek is 'n gekwalifiseerde BEd(Grondslagfase) onderwyser wat gespesialiseer het in Spesiale Onderwys Behoeftes.
My loopbaan het my blootstelling gegee aan peutersorg, kleutersorg, Graad R onderrig en autistiese onderrig.
Na 10 jaar se ervaring in die onderwys het die geleentheid gekom vir my om my eie speelskooltjie oop te kan maak.
Ek is ma van 'n seun (10 jaar) en 2 dogters (7 en 2 jaar onderskeidelik). Ek weet presies wat die behoeftes vir ordentlike voorskoolse opvoeding is.

Babbels en Krabbels het die 7de Januarie 2013 oop gemaak.
Kontak ons gerus of kom maak ‘n draai om te sien wat ons doen en hoe die skooltjie lyk.

Babbels en Krabbels Speelskool
Babbels en Krabbels Speelskool
Babbels en Krabbels Speelskool
Babbels en Krabbels Speelskool
Babbels en Krabbels Speelskool
Babbels en Krabbels Speelskool Babbels en Krabbels Speelskool