Connecting Kidz

AmandelBoompie Speelskool
Kontak ons
Address 20 Ericaweg,
Durbanville Heuwels
Telephone 082 826 1459
E-mail Epos

Die Amandelboom is die simbool van waaksaamheid en belofte. Dis die eerste vrugteboom wat bloei, vroeg in die seisoen.

Kom kuier gerus by ons huislike, intieme speelskooltjie en kom kyk wat ons jou bied. Ek streef daarna om ‘n gelukkige en veilige omgewing te skep waarin elke kind holisties kan ontwikkel.
Die program wat ek volg moedig deurgaans die kleuter aan om fisies, emosioneel, intellektueel, geestelik en sosiaal te ontwikkel.

• Ouderdom: 2 - 5 jaar (moet van die doek af wees)

• Speelskooldae; Maandag - Vrydag

• Speelskooltye; Die speelskool begin om 09:00 en sluit om 12:30 Kleuters mag vanaf 08:30 afgelaai word.

Amandelboompie bied 'n boomryke speelgrond met lieflike sandput en klimrame, 'n trampolien en 'n "Formule 1 renbaan" waar die kleuters heerlik met swart fietsies kan rondry.

Daar is 2 klassies, die een (met teelvloer) vir kunsaktiwiteite, kleispel en eet, die ander met volvloermat vir legkaarte bou, stories lees en sommer lekker binne speel.

In die somer werk ons by die tafeltjies op die gras in die koelte voor die klassies en hoor ons die duiwe koer en sien die skoenlappers wat vladder in die tuin.

Ek probeer ‘n rustige atmosfeer skep waarin die kind geborge kan voel. Ek vertrou dat u kind baie gelukkig sal wees by die Amandelboompie Speelskool. Ek hoop dat u kleuter vroeg sal bot en baie vrugte sal dra wat ooreenstem met die belofte wat op sy/ haar lewe is!!

Die Dagprogram sluit die volgende in: "Woordtyd" (Bybel) , Vryespel, Kreatiewe aktiwiteit, Buitespel, Opvoedkundigespel, Musiek en sang, Storietyd.

Kontak my gerus vir ‘n afspraak - Lelanie Kriel - 082 826 1459

AmandelBoompie Speelskool
AmandelBoompie Speelskool
AmandelBoompie Speelskool
AmandelBoompie Speelskool
AmandelBoompie Speelskool
AmandelBoompie Speelskool