Amandelboompie Speelskool

  • 20 Erica Way, Durbanville Hills, Durbanville
    Cape Town
    Western Cape South Africa
  • Click to Call
  • shalom143@hotmail.com
Description:

Die Amandelboom is die simbool van waaksaamheid en belofte. Dis die eerste vrugteboom wat bloei, vroeg in die seisoen.

Kom kuier gerus by ons klein, huislike, intieme speelskooltjie en kom kyk wat ons jou bied. Ek streef daarna om ‘n gelukkige en veilige omgewing te skep waarin elke kind holisties kan ontwikkel.

Die program wat ek volg moedig deurgaans die kleuter aan om fisies, emosioneel, intellektueel, geestelik en sosiaal te ontwikkel.

• Ouderdom: 2 - 5 jaar (moet van die doek af wees)

• Speelskooldae; Maandag - Vrydag

• Ure: 08:30 - 12:30 | 2, 3 Dag Opsie

• Speelskooltye; Die speelskool begin om 09:00 en sluit om 12:30 Kleuters mag vanaf 08:30 afgelaai word.

Amandelboompie bied 'n boomryke speelgrond met lieflike sandput en klimrame, 'n trampolien en 'n "Formule 1 renbaan" waar die kleuters heerlik met swart fietsies kan rondry.

Daar is 2 klassies, die een (met teelvloer) vir kunsaktiwiteite, kleispel en eet, die ander met volvloermat vir legkaarte bou, stories lees en sommer lekker binne speel.

Ons spesialiseer in n  klein groepie kleuters, nooit meer as 12 kleuters. 2 of 3 dag opsie beskikbaar.


In die somer werk ons by die tafeltjies op die gras in die koelte voor die klassies en hoor ons die duiwe koer en sien die skoenlappers wat vladder in die tuin. 

Die speelskool is aanvullend tot die ouerhuis. Ek probeer ‘n rustige atmosfeer skep waarin die kind geborge kan voel. Ek vertrou dat u kind baie gelukkig sal wees by die Amandelboompie Speelskool. Ek hoop dat u kleuter vroeg sal bot en baie vrugte sal dra wat ooreenstem met die belofte wat op sy/ haar lewe is!!

Die Dagprogram sluit die volgende in: "Woordtyd" (Bybel) , Vryespel, Kreatiewe aktiwiteit, Buitespel, Opvoedkundigespel, Musiek en sang, Storietyd.

Playball, Monkeynastix en Musiek word as buitemuurse aktiwiteite tydens skoolure aangebied.

Slegs 11 maande fooi - geen fooi vir Desember.

Kontak my gerus vir ‘n afspraak - Lelanie Kriel -  082 826 1459

Ask Query To Business Owner...

Please fill in the below form with your query and we will get back to you.

Share this info

Featured Listings

  • Carla Grobler Occupational Therapist

    Phalaborwa, Limpopo, Limpopo , South Africa

    +more

    Added on : 2013-01-09 1:47 PM

  • Little Learners Childcare

    78 Briza Road, , Table View Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2015-01-19 11:50 AM

  • Clever Cats Creche

    Langeberg Road, , Durbanville Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2011-09-28 12:00 AM

Popular Listings

  • Splendid Kids

    49 Hannes Louw Drive , Parow Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2011-11-14 12:00 AM

  • Peekaboo Daycare and Preschool

    139b Humewood Drive, , Parklands Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2012-11-22 9:23 AM

  • Rising Stars Academy

    6 Circle Road, , Table View Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2011-05-05 12:00 AM

Recently Added Listings

  • Peak Child

    222 Main Road, Claremont, Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2019-07-30 3:46 PM

  • Little Angelz Wynberg

    50 Fleming Road, Wynberg, , Bergvliet Cape Town, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2019-07-08 11:26 AM

  • Helderberg International School

    Hazelden Drive, Heritage Park Somerset West, Western Cape , South Africa

    +more

    Added on : 2019-02-19 10:49 AM